No under 16s

Die MELKKAN Welkom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 28 Julie 2024

Sun Jul 28, 15:00 - Sun Jul 28, 18:00

Die MELKKAN

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Die MELKKAN bied aan met trots: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Dis die eerste keer dat Neil in Welkom speel en hy sien verskriklik uit daarna! Daar is twee kaartjies beskikbaar, die een sluit 'n ietsie te ete in vir die koue wintersdag @R250. Drank te koop. Die inhoud van die vertoning is meer op 'n volwasse gehoor gerig, die kinders het natuurlik heelwat speelruimte by Die MELKKAN. Navrae: +27 84 517 4699 of rig E-Pos: [email protected]


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 28 Julie by die MELKKAN!


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands




DIRECTIONS

Die MELKKAN Welkom Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 28 Julie 2024
Die MELKKAN
31F Macbeth Rd, Bedelia, Welkom, 9460
Get Directions