Posduif live in Stellenbosch
Sun May 26, 13:00 - Sun May 26, 18:00
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
ABOUT
Posduif is ‘n 6 stuk Suid-Afrikaanse musiekgroep wat ‘n boodskap van hoop bring. Hulle vier graag samesyn en goeie tye. Hulle glo in outentike, opregte en toeganklike waardes. Hulle is ‘n goeie groep wat goeie musiek maak vir goeie mense!
Kom geniet die samesyn op Sondag 26 Mei by Daisy Jones net buite Stellenbosch op die Summerhill Wynplaas.
Deure maak 13h00 oop.
Show begin 15h00
Heerlike kos en drank by die venue beskikbaar.
Vir tafelbesprekings WhatsApp064 968 2015 (Let asb dit is tafeldeling)
Meer oor Posduif:
Slegs ‘n paar maande na die vrystelling van hul debuutalbum, ‘Niks Vergelyk’, het hierdie ongelooflike groep musikante ‘n opnamekontrak met die legendariese Kosie van Niekerk en Select (Sony) losgeslaan en ‘n SAMA (South African Music Award) vir Beste Pop Album huis toe gebring.
Alhoewel hulle in 2018 gestig is, het hierdie groep talentvolle musikante in 2019 ontplof het met hul debuut Brandy Special. Hierdie treffer het reeds meer as 500 000 mense op sosiale media aan die dans gekry.
Hierdie unieke en energieke groep word met ope arms op van Suid-Afrika se gewildste verhoë ontvang. Die afgelope twee jaar het Posduif skare laat saamsing en dans onder andere Weiveld, Heroes, Padstal en The Daisy Jones Bar at OMG.